Die Huttefees (Sukkot)
2024
[Informasie
& Registrasie vorm]
Een
van die mees opwindendste en
lewens veranderende ervarings is
om gedurende feestyd in Israel te
wees en 'n pelgrimstog deur die
land te onderneem. Nadat jy die
Heilige Skrif vir soveel jare
gelees het sal jy in die geseënde
posisie wees om die plekke van die
Bybel met jou eie oë, in kleur te
sien. Mense van regoor die wêreld
word aangemoedig om in Jerusalem
byeen te kom sodat hulle self
hierdie seldsame seën kan ervaar
en om verteenwordigers te wees van
hul nasies, soos geskryf in
Sag 14:16
. Nadat jy vir een van
Yahweh se feeste in Jerusalem
was, sal jy nooit weer die fees
êrens anders wil hou nie.
Ese 36:38 Soos die
geheiligde skape, soos die
skape van Jerusalem op sy
feestye, so sal die stede wat
in puin lê, vol wees van
kuddes van mense; en hulle sal
weet dat Ek Yahweh is.
Yahweh het Juda na 2500 jaar
van diaspora teruggeneem na
die land van Israel. Kom en
deel in dit wat Yahweh besig
is om te doen in Sy land,
Israel, in die eindtyd.
Net voor Sukkot begin sal jy
in die Ou Stad
arriveer. 'n
Sukkah word die middag, net
voor die openings aand van
die Fees, op die dak van die
Maronite kompleks gebou.
Gedurende die Fees word jy
geneem na plekke rondom die
Ou Stad van Jerusalem
waartydens jy
die Olyfberg sal
sien, Die Stad van Dawid
, sowel as
Dawid se graf
die
kamer van die laaste
maaltyd
, die
Huis van Caiphas
meer
spesifiek die
kamer waar Yahshua
gegesel was asook
die aanhoudings
sel waar Hy sy
laaste nag
spandeer het voor
sy kruisiging.
Indien moontlik
sal daar 'n bus
gereël word om
na 'n Bybelse park
te gaan waar meer
geleer kan word om
vanuit 'n
Hebreeuse
perspektief te
dink en wat die
betekenins is van
die oesvrugte van
Sukkot in die land
van Israel. Daar
is 'n moontlikheid
dat ons tydens
Sukkot na Hebron
kan gaan.
Na Sukkot begin die Pelgrims
toer waar die volgende
plekke besoek sal word:
Die dal van die
terpentynboom
waar Dawid vir
Goliat verslaan het,
die oorblyfsels van
Ekron
, een van die
Filistynse stede waar
argeologiese artefakte
gevind was. Vandaar sal
ons vertrek na die
hawestad van Joppe
waar die
apostel Petrus met
Cornelius by Simon die
leerlooier tuis gegaan
het. Die laaste stop
vir die dag is
Caesarea
aan die
Middellandse See.
Die volgende dag vertrek ons
in die rigting van die Berg
Karmel, Megiddo en die
laagte van Jísreël waar Agab
en Isebel woonagtig was. Vir
die Sabbat rus almal in
Tiberius in een van die
enigste hotel museums in die
wêreld. Die volgende dag
vertrek ons in 'n noordelike
rigting na Nasaret, die dorp
waar Yahshua grootgeword
het. Daarna gaan ons na
Kapérnaüm waar die grootste
deel van Sy bediening
plaasgevind het.Die dag word
beeindig met 'n bootrit op
die See van Galilea, die
einste water waarop Yahshua
geloop het. Besoek word
afgelê by die vissersdorpie,
Betsáida, waarvandaan Petrus
en Andreas afkomstig was.
Die antieke Ou Testamentiese
stad van Gesher word daarna
besoek. Maandag gaan ons na
Samaría, die land van
Efraim. Ons besoek ook die
berg Gerísim waartydens jy
in die geseënde posisie sal
wees om die oorblyfsels van
'n 2500 jaar oue
Samaritaanse tempel te kan
besigtig wat tydens die
Persiese era gebou was. Jy
sal die voorreg hê om 'n
outentieke, Samaritaans
Levitiese priester te
ontmoet wie sy afkoms al die
pad terug na Aaron en
Eliazer kan bewys. Daarna
vertrek ons na Silo om die
plek te besigtig waar die
Ark van die Verbond vir meer
as 400 jaar gehou was. Dit
sal 'n baie spesiale dag
wees. Die laaste dag van die
pelgrimstog reis ons verder
noord verby die Hula Vallei
na Hatzor, waar Josua die
stad verbrand het.
Cesaréa-Filippi word besoek,
waar Yahshua Homself aan sy
dissipels geopenbaar het
asook koning Agríppa se
paleis. Die laaste
bestemming van die dag en
ook die toer is 'n Granaat
kelder, die enigste ter
wêreld. Die volgende dag sal
diegene vertrek na die
lughawe wie nie na die
Bybelskool kom nie.
Al die
fees inligting en
programme is ook
beskikbaar in die
fees & skool
artikel
.
[Informasie
& Registrasie Vorm]
Congregation of YHWH
P.O. Box 832
Carteret, NJ 07008
|