|  DIE
                                              GEKOSE VOLK  As
                                              iemand jou vra wat die goeie nuus
                                              of evangelie boodskap was wat
                                              Yahshua die Messias 2000 jaar
                                              gelede na die aarde gebring het,
                                              wat sou jou antwoord wees? Meeste
                                              mense wat aan die vervanging
                                              teologie glo is van mening dat
                                              Yahweh eerste besig was met die
                                              Jode totdat hulle Sy Seun, Yahshua
                                              verwerp het en dat Hy nou werksaam
                                              is onder die heidene of Nasies (in
                                              Hebreeus beteken "goyim" nasie).
                                              Die vervanging teologie is ver van
                                              die waarheid verwyder. In die boek
                                              word dit bewys dat Yahweh, Abraham
                                              en sy nageslag gekies het om Sy
                                              ewige verbond mee te sluit, as
                                              gevolg van Abraham se
                                              gehoorsaamheid en geloof in
                                              Yahweh, daarom selfs 3800 honderd
                                              jaar later werk Yahweh nogsteeds
                                              met dieselfde saad van Abraham:
                                              Die 12 stamme van Israel.  
                                              Die boek neem die leser terug na
                                              die oorspronklike bloed verbond
                                              met Abraham. Die Diaspora van
                                              Israel en Juda word bespreek en
                                              daar word gefokus op die bevele
                                              wat Yahshua aan Sy dissipels gegee
                                              het. Die leser sal besef dat die
                                              verbond asook Yahshua se bevele
                                              vandag nog van toepassing is. Die
                                              meeste mense is onbewus van die
                                              Hemelse Vader se Meesterlike plan
                                              van Verlossing. Die rede hiervoor
                                              is dat teologiese leiers nie hul
                                              Bybels korrek lees of interpreteer
                                              nie en ook nie die ware historiese
                                              rekords van ons voorvaders in ag
                                              neem nie. Hulle herhaal net die
                                              tradisionele teologiese geloofs
                                              belydenis wat nie deur die
                                              geskiedenis ondersteun word nie.
                                              Volgens die Bybel is Yahweh die
                                              Elohim van Israel.  
                                              Amos 3:2 Julle alleen het Ek geken
                                              uit al die geslagte van die aarde;
                                              dáárom sal Ek by julle besoeking
                                              doen oor al julle ongeregtighede.
                                             
                                              Yahweh het 'n verbond met Abraham
                                              en sy nageslag gesluit om te
                                              verseker dat Yahshua die Messias
                                              vanuit 'n suiwer en regverdige lyn
                                              gebore sou word. As gevolg van
                                              ongehoorsaamheid het Yahweh die
                                              nasie van Israel in ballingskap
                                              laat neem, maar met die belofte
                                              dat Hy hulle weer na die land van
                                              Israel sou vergader net voor en
                                              gedurende die Messiaanse era. Die
                                              boek vertel die wonderlike verhaal
                                              van die ewige verbond en die
                                              vervulling van die belofte dat die
                                              Messias 12 stamme van Israel na
                                              hul land sal terugneem.  
                                              Amos 9:14 En Ek sal die lot van my
                                              volk Israel verander, en hulle sal
                                              die verwoeste stede bou en bewoon,
                                              ook sal hulle wingerde plant en
                                              die wyn daarvan drink, en tuine
                                              aanlê en die vrugte daarvan eet.
                                              Amos 9:15 En Ek sal hulle plant in
                                              hul land, en hulle sal nie meer
                                              uitgeruk word uit hul land wat Ek
                                              hulle gegee het nie, sê Yahweh jou
                                              Elohim. Ese 37:19  
                                              sê dan vir hulle: So spreek Adonai
                                              Yahweh: Kyk, Ek sal die stuk hout
                                              van Josef neem, wat in die hand
                                              van Efraim is, en die stamme van
                                              Israel, sy bondgenote, en Ek sal
                                              hulle by hom voeg, by die stuk van
                                              Juda, en hulle een stuk hout maak;
                                              en hulle sal een word in my hand.
                                              Ese 37:21  
                                              en sê vir hulle: So spreek Adonai
                                              Yahweh: Kyk, Ek gaan die kinders
                                              van Israel haal tussen die nasies
                                              uit waarheen hulle getrek het, en
                                              Ek sal hulle van alle kante
                                              bymekaar laat kom en hulle bring
                                              in hul land. Ese 37:22  
                                              En Ek sal hulle een volk maak in
                                              die land, op die berge van Israel;
                                              en een Koning sal vir hulle almal
                                              koning wees; en hulle sal nie meer
                                              twee nasies wees nie en verder nie
                                              meer in twee koninkryke verdeeld
                                              wees nie.    
    DIE GROOT AFVALLIGHEID   Die
                                              boek, "Die Groot Afvalligheid"
                                              is gratis beskikbaar op die
                                              webtuiste en dokumenteer die
                                              geskiedenis van die eerste
                                              gemeente, gestig deur Yahshua en
                                              hoe dit stelselmatig oor 'n
                                              tydperk van 300 jaar verander was
                                              tot en met die kruin van
                                              veranderinge wat plaasgevind het
                                              ten einde die heersing van
                                              Konstantyn die Grootte, 325 AD.
                                              Almal wat hulself as ware
                                              gelowiges beskou moet met
                                              eerlikheid die vraag beantwoord:
                                              “Wie volg ek?” Die geloof ingestel
                                              deur Yahshua ons Verlosser in 30
                                              AD, of die geloofsinstellings van
                                              Konstantyn in 325 AD. Die verskil
                                              is drasties. Die een, 'n Hebreeuse
                                              Gemeente met 'n Hebreeuse
                                              Verlosser wat die Torah
                                              gehoorsaam. Die ander, 'n
                                              vervalsde, wettelose kerk geseël
                                              met mensgemaakte verordeninge
                                              ingestel deur Konstantyn.    
  Indien u belangstel om die boeke
                                              "Die Groot Afvalligheid" of "Die
                                              Gekose Volk" te besit kan dit
                                              skriftelik aangevra word by die
                                              onderstaande adres.
                                               Congregation of YHWH
 PO Box 832
 Carteret, NJ 07008
 
 
 |