Die gemeente van YHWH, Jerusalem verwelkom u.


Tuis

 Bekendstelling:

Doelwitstelling
Leerstellings
Ministeries
Dienste / Kontak

Vir aflaai...

Wêreldnuus
Feeste
Skool

Gebed
Informasie vanuit Israel



FEESTE EN TOERE

Die Huttefees (Sukkot) 2024

[Informasie & Registrasie vorm]

    Een van die mees opwindendste en lewens veranderende ervarings is om gedurende feestyd in Israel te wees en 'n pelgrimstog deur die land te onderneem. Nadat jy die Heilige Skrif vir soveel jare gelees het sal jy in die geseënde posisie wees om die plekke van die Bybel met jou eie oë, in kleur te sien. Mense van regoor die wêreld word aangemoedig om in Jerusalem byeen te kom sodat hulle self hierdie seldsame seën kan ervaar en om verteenwordigers te wees van hul nasies, soos geskryf in Sag 14:16 . Nadat jy vir een van Yahweh se feeste in Jerusalem was, sal jy nooit weer die fees êrens anders wil hou nie.
Ese 36:38 Soos die geheiligde skape, soos die skape van Jerusalem op sy feestye, so sal die stede wat in puin lê, vol wees van kuddes van mense; en hulle sal weet dat Ek Yahweh is.

Yahweh het Juda na 2500 jaar van diaspora teruggeneem na die land van Israel. Kom en deel in dit wat Yahweh besig is om te doen in Sy land, Israel, in die eindtyd.

Net voor Sukkot begin sal jy in die Ou Stad arriveer. 'n Sukkah word die middag, net voor die openings aand van die Fees, op die dak van die Maronite kompleks gebou. Gedurende die Fees word jy geneem na plekke rondom die Ou Stad van Jerusalem waartydens jy die Olyfberg sal sien, Die Stad van Dawid , sowel as Dawid se graf die kamer van die laaste maaltyd , die Huis van Caiphas meer spesifiek die kamer waar Yahshua gegesel was asook die aanhoudings sel waar Hy sy laaste nag spandeer het voor sy kruisiging. Indien moontlik sal daar 'n bus gereël word om na 'n Bybelse park te gaan waar meer geleer kan word om vanuit 'n Hebreeuse perspektief te dink en wat die betekenins is van die oesvrugte van Sukkot in die land van Israel. Daar is 'n moontlikheid dat ons tydens Sukkot na Hebron kan gaan.

Na Sukkot begin die Pelgrims toer waar die volgende plekke besoek sal word: Die dal van die terpentynboom waar Dawid vir Goliat verslaan het, die oorblyfsels van Ekron , een van die Filistynse stede waar argeologiese artefakte gevind was. Vandaar sal ons vertrek na die hawestad van Joppe waar die apostel Petrus met Cornelius by Simon die leerlooier tuis gegaan het. Die laaste stop vir die dag is Caesarea aan die Middellandse See.

Die volgende dag vertrek ons in die rigting van die Berg Karmel, Megiddo en die laagte van Jísreël waar Agab en Isebel woonagtig was. Vir die Sabbat rus almal in Tiberius in een van die enigste hotel museums in die wêreld. Die volgende dag vertrek ons in 'n noordelike rigting na Nasaret, die dorp waar Yahshua grootgeword het. Daarna gaan ons na Kapérnaüm waar die grootste deel van Sy bediening plaasgevind het.Die dag word beeindig met 'n bootrit op die See van Galilea, die einste water waarop Yahshua geloop het. Besoek word afgelê by die vissersdorpie, Betsáida, waarvandaan Petrus en Andreas afkomstig was. Die antieke Ou Testamentiese stad van Gesher word daarna besoek. Maandag gaan ons na Samaría, die land van Efraim. Ons besoek ook die berg Gerísim waartydens jy in die geseënde posisie sal wees om die oorblyfsels van 'n 2500 jaar oue Samaritaanse tempel te kan besigtig wat tydens die Persiese era gebou was. Jy sal die voorreg hê om 'n outentieke, Samaritaans Levitiese priester te ontmoet wie sy afkoms al die pad terug na Aaron en Eliazer kan bewys. Daarna vertrek ons na Silo om die plek te besigtig waar die Ark van die Verbond vir meer as 400 jaar gehou was. Dit sal 'n baie spesiale dag wees. Die laaste dag van die pelgrimstog reis ons verder noord verby die Hula Vallei na Hatzor, waar Josua die stad verbrand het. Cesaréa-Filippi word besoek, waar Yahshua Homself aan sy dissipels geopenbaar het asook koning Agríppa se paleis. Die laaste bestemming van die dag en ook die toer is 'n Granaat kelder, die enigste ter wêreld. Die volgende dag sal diegene vertrek na die lughawe wie nie na die Bybelskool kom nie.

Al die fees inligting en programme is ook beskikbaar in die fees & skool artikel .


[Informasie & Registrasie Vorm]


Congregation of YHWH
P.O. Box 832
Carteret, NJ 07008






Laaste verander: Aug 2023Rig tegniese navrae aan: E-Mail