Die gemeente van YHWH, Jerusalem verwelkom u.


Tuis
Bekendstelling

 Vir aflaai:

Audio
Radio programme
Video
Studie materiaal
Boeke
Bybel
Dienste

Mat 24 Project
Wêreldnuus
Feeste
Skool

Gebed
Informasie vanuit Israel



Hebraic Roots Bible

NET SO FANTASTIES SOOS DIE DOOIE SEE PERKAMENTROLLE!

  

Na
ongeveer
2,000
jaar,
is die
Oorspronklike
Bybel
herstel!


Vir die eerste keer is 'n letterlike vertaling van die Skrif beskikbaar met die herstelling en bewaring van die heilige naam van Yahweh en Yahshua. Het jy geweet, in elke Bybelvertaling insluitend die King James Bybel is ons Hemelse Vader se persoonlike naam, Yahweh, meer as 10,000 keer uitgehaal en vervang met titels en selfs name van heidense gode?

Die Nuwe Testament is gebaseer op die oorspronklike, Aramese Peshitta teks, die taal wat ons Verlosser gepraat het. Die oorspronklike Nuwe Testament was nie in Grieks geskryf nie, maar wel Aramees. Dit is 'n letterlike vertaling, daarom is ek oortuig daarvan dat dit die naaste vertaling van die Bybel is aan die oorspronklike taal wat duisende jare gelede geskryf was. Die Ou Testament is vertaal vanuit die oorspronklike Hebreeuse manuskripte.

Hier volg 'n paar van die verkeerdelik vertaalde Bybel tekse wat aan ons oorgedra is vanuit die ou korrupte weergawes:

King James;
Psalm 40:6 Sacrifice and offering thou didst not desire; mine ears hast thou opened: burnt offering and sin offering hast thou not required.

Hebraic Roots Bible;
Ps 40: 6 Sacrifice and offering You did not desire; But a body You have prepared for Me. You have not asked burnt offering and sin offering.

Dit is duidelik dat die Messiaanse Psalm baie meer sin maak wanneer ons lees dat die profesie handel oor Yahweh die Vader wat 'n fisiese liggaam voorberei het vir die ewige Messias, Sy Seun, om na die aarde te kom en tussen die mense vir 33 jaar te woon as mens. Die profesie word in die verkeerd vertaalde King James weergawe gemis.

Vergelyk die volgende teks:

King James:
Math 19:23 Then said Jesus unto his disciples, Verily I say unto you, That a rich man shall hardly enter into the kingdom of heaven.
24 And again I say unto you,It is easier for a camel to go through the eye of a needle, than for a rich man to enter into the kingdom of God.

Hebraic Roots Bible:
Math 19:23 And Yahshua said to His disciples, Truly I say to you that a rich man will with great difficulty enter into the kingdom of Heaven.
24 And again I say to you, It is easier for a heavy rope to pass through a needle's eye, than for a rich man to enter the kingdom of YAHWEH.

In die Aramees sowel as die Hebreeuse taal, is daar nie vokale nie maar merkies onder die woorde wat baie keer nie gelys is nie. In Aramees is die woord vir kameel, 'gamla' en word as "GML" geskryf. Die woord vir swaar tou is 'gamala' en word ook sonder vokale as "GML" geskryf. Die vertaler het dus die woord foutiewelik vertaal vanuit die oorspronklike Aramees na Grieks en het kameel in plaas van swaar tou geskryf. Die teks verwys na 'n Joodse idioom wat daardie tyd gebruik was. 'n Swaar tou kan nie deur die oog van 'n naald gevoer word nie, maar as jy die tou, string vir string uitmekaar rafel, sal een string deur die oog van die naald gaan. Yahshua het die idioom gebruik om te verduidelik dat 'n ryk persoon sy besittings string vir string of stukkie vir stukkie moet opgee om die Koninkryk van Yahweh te betree.

Daar is letterlik duisende voorbeelde soos hierbo uitgewys wat in die 'Hebraic Roots Bible' herstel is sodat die Bybel soos nog nooit vantevore gelees kan word asook makliker verstaan kan word. Skryf vandag nog vir jou kopie.

Congregation of YHWH, Po Box 832, Carteret NJ 07008

Voorgestelde donasie: $30 per kopie, insluitende posgeld, maar vir internasionale bestellings, voeg 'n ekstra $20 vir skeepsgeld by.


------------------------------------------------------------------

Vir 'n vinniger diens, klik hier om via Paypal die donasie te maak.
Vir jou kopie, skryf as kommentaar "Hebraic Roots Bible" asook jou adres in die> Add special instructions to the seller< veld, nadat jy ingeteken het.


DONATE
------------------------------------------------------------------

of jy kan die Bybel GRATIS aflaai!

Vir gratis aflaai, klik hier!.

Laaste verander: Aug 2023, Rig tegniese navrae aan: E-Mail